Sunday, June 4, 2006

Hello, Africa! The Majuba Declaration before Parliament

Dr. Lets Pretorius talks about his May 26th meeting with members of the office of the Speaker of the South African Parliament in Cape Town. A Press conference was held at the Voortrekker Monument in Pretoria on Wednesday, May 31st, attended by a TRP news correspondent. An interview with Dr Lets Pretorius was broadcast over the South African Broadcasting Corporation and other South African Radio stations. The Right Perspective, as the only radio-mouthpiece of the Boerevolk in the world, also interviewed Dr Lets Pretorius and brings you this exclusive podcast.

The Majuba Declaration is the Boervolk's demand for an independent homeland. It was first delivered to the SA Government and several embassies before the March 4th Women's Protest March, during which it was presented again, and was accepted by President Mbeki's office, and from there was sent down to the Speaker of Parliament who was instructed to attend to this matter. Mr. Riaan Smith organized for a meeting with members of the Speaker's office on the 25th of May, and both he and Dr. Pretorius flew down to Cape Town and met with Adv. Cetswayo and Mr LH Mapholaba from the Speaker's office.

The following statements were put forward during the meeting:

1. The Boerevolk is a definite entity and must be recognized as such.

2. There is a distinct difference between a Boer and an Afrikaner, as defined by a mutual history, culture, suffering and blood.

3. The Majuba Declaration is legally sound, based on section 235 of the Constitution of South Africa.

Mr. Smith and Dr. Pretorius then demanded that:

The Boerevolk Freedom Foundation, which is driving this effort, and the Boerevolk be
institutionally recognized. The Foundation will be the formal mouthpiece of the Boerevolk until the election of representatives or deputies of the Boerevolk has been held.

As discussed in an earlier podcast, the members elected will not be an official representation to be put into parliament, but instead will de a representative council, or Board of Deputies, built from the grass roots upwards, that eventually will have locus standi with the Boerevolk.

A forum be created to discuss related matters and demands of the Boerevolk. It was agreed that this forum will be held by the end of June, and will consist of a delegation from Parliament and a delegation from the Boerevolk.

The Chairman of Human Rights of Minorities at the United Nations, Mr Stauffenhagen, has also received the Majuba Declaration.

For the first time in more than 100 years, the Boerevolk are actually being represented by
someone in South Africa. After 1902, they lost their freedom and were incorporated into the Afrikaner and later into "White" South Africa under the Apartheid system.

Dr. Pretorius also discusses with Frank and John the possibility of the work being done by the Boers can be a model for race relations in America.

Right Click and "Save As" To Download

Dial-Up Users: Download Here


Hallo, Afrika! Die Majuba-Deklarasie voor die Parlement

Dr. Lets Pretorius praat oor sy vergadering op 26 Mei met lede van die kantoor van die Speaker van die Suid-Afrikaanse Parlement in Kaapstad. 'n Perskonferensie wat op Woensdag 31 Mei by die Voortrekkermonument te Pretoria gehou is, is bygewoon deur 'n nuuskorrespondent van TRP. 'n Onderhoud met dr Lets Pretorius is uitgesaai deur onder andere die SABC en ander Suid-Afrikaanse radiostasies. The Right Perspective, as die enigste radio-mondstuk van die Boerevolk in die wêreld, het ook 'n telefoononderhoud lewendig met Dr Lets Pretorius gevoer, en bring aan u hierdie eksklusiewe podsending.

Die Majuba-Deklarasie is die Boerevolk se eis vir 'n onafhanklike tuisland. Dit is die eerste keer aan die SA regering en aan verskeie ambassades afgelewer voor die vroue-optog van 4 Maart 2006, en is tydens die optog weer oorhandig, en uiteindelik deur Mbeki se kantoor ontvang, wat dit na die Speaker verwys het, wat opdrag gekry het om aandag te gee aan die saak. Mnr. Riaan Smith het 'n vergadering met lede van die Speaker se kantoor gereël vir die 25ste Mei, en hy sowel as Dr Pretorius het Kaap toe gevlieg vir 'n vergadering met adv. Cetswayo en mnr L.H. Mapholaba van die Speaker se kantoor.

Die volgende verklarings is tydens die vergadering op die tafel geplaas:

1. Die Boerevolk is 'n aparte entiteit, en moet as sulks erken word.

2. Daar is ook 'n definitiewe verskil tussen 'n Boer en 'n Afrikaner.


3. Die Majuba-Deklarasie is wetlik korrek en is gebaseer op artikel 235 van die Grondwet van Suid-Afrika.

Mnr. Smith en Dr. Pretorius het dan ook die volgende eise gestel:

Dat die Boervolk, en die Boerevolk Vryheidstigting, wat hierdie aksie dryf, amptelik erken word (geïnstitusionaliseer word). Die Stigting sal die amptelike mondstuk wees vir die Boerevolk tot tyd en wyl die verkiesing van afgevaardigdes of verteenwoordigers vir die Boerevolk gehou is.

Soos daar in ' n vorige podsending genoem is, sal die verkose lede nie 'n amptelike verteenwoordiging wees wat in 'n parlement geplaas sal word nie, maar sal dit eerder funksioneer as 'n Verteenwoordigende Raad, of 'n Raad van Afgevaardigdes, wat van voetsoolvlak af boontoe gebou sal word, wat uiteindelik locus standi onder die Boerevolk sal geniet.

'n Forum sal gehou word om verwante sake en eise van die Boerevolk te bespreek. Daar is ooreengekom dat so 'n forum gehou sal word aan die einde van Junie, en dit sal bestaan uit 'n afvaardiging van die Parlement en 'n afvaardiging van die Boerevolk.

Die Voorsitter van die Raad vir Menseregte vir Minderheidsgroepe by die Verenigde Nasies, mnr Stauffenhagen, het ook reeds die Majuba Deklarasie in die hand gekry.

Vir die eerste keer in langer as 100 jaar word die Boerevolk weer in Suid-Afrika deur iemand verteenwoordig. Die Boerevolk het sedert 1902 hulle vryheid verloor, en is eers in die "Afrikaner" ingeskakel, en nog later onder die Apartheidstelsel in die "Wit" Suid-Afrika .

Dr. Pretorius bespreek ook met Frank en John wat die moontlikhede is dat die werk wat die Boere doen moontlik 'n model kan wees vir rassebetrekkinge in die VSA.

No comments: